Matteus 22:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Jesus het weer in gelykenisse met die mense gepraat.

2. Hy het gesê: “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n koning wat vir sy seun 'n bruilofsfees voorberei het.

3. Hy het sy slawe uitgestuur om die genooides na die bruilof te roep, maar hulle wou nie kom nie.

4. Toe stuur hy weer ander slawe met die opdrag: ‘Sê vir die genooides: Die maaltyd is reg; my beeste en vetgemaakte vee is geslag, en alles is gereed. Kom na die bruilof toe.’

5. “Maar die genooides het hulle nie daaraan gesteur nie, en die een het na sy stuk grond en 'n ander een na sy werkplek toe gegaan.

6. En party het sy slawe gegryp en mishandel en doodgemaak.

7. Die koning het kwaad geword en sy leër gestuur om daardie moordenaars dood te maak en hulle stad aan die brand te steek.

Matteus 22