8. “Toe dit aand word, sê die eienaar van die wingerd vir sy voorman: ‘Roep die arbeiders en betaal hulle hulle loon. Begin by die laastes en eindig by die eerstes.’
9. “Dié wat teen vyfuur gehuur is, kom toe en kry elkeen die gewone dagloon.
10. Die mense wat eerste gehuur is, het gedink hulle sou meer kry, maar toe hulle aan die beurt kom, kry hulle ook elkeen die gewone dagloon.
11. Hulle vat toe die geld maar begin by die eienaar kla
12. en sê: ‘Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.’
13. “Maar hy antwoord een van hulle: ‘Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie?
14. Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou.
15. Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?’
16. “So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste.”