Matteus 20:29-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

29. Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het 'n groot menigte Jesus gevolg.

30. Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbykom. Toe roep hulle uit: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!”

31. Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly, maar hulle het al hoe harder geroep: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!”

32. Jesus het gaan staan, hulle geroep en gevra: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?”

33. Hulle sê toe vir Hom: “Here, dat ons oë oopgaan.”

34. Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg.

Matteus 20