Matteus 17:8-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Toe hulle opkyk, het hulle niemand gesien nie, net Jesus alleen.

9. Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle beveel: “Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek is nie.”

10. Die dissipels vra Hom toe: “Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elia eers moet kom?”

11. “Elia kom wel om alles weer reg te maak,” antwoord Hy,

12. “maar Ek sê vir julle Elia het al gekom, maar hulle het hom nie herken nie en met hom gemaak net wat hulle wou. So sal ook die Seun van die mens deur hulle mishandel word.”

13. Toe het die dissipels verstaan dat Hy met hulle van Johannes die Doper gepraat het.

14. Toe hulle weer by die mense kom, het 'n man voor Hom kom kniel

15. en gesê: “Here, ontferm U tog oor my seun, want hy is geestelik versteurd en hy ly verskriklik. Hy val dikwels in die vuur en dikwels in die water.

16. Ek het hom al na u dissipels toe gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.”

Matteus 17