Matteus 17:4-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Toe sê Petrus vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, sal ek hier drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.”

5. Terwyl hy nog praat, het 'n helderligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en 'n stem uit die wolk het gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”

6. Toe sy dissipels dit hoor, het hulle baie bang geword en op die grond neergeval.

7. Maar Jesus het na hulle toe gekom, hulle aangeraak en gesê: “Staan op en moenie bang wees nie.”

8. Toe hulle opkyk, het hulle niemand gesien nie, net Jesus alleen.

Matteus 17