Matteus 16:13-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?”

14. Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.”

15. “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?”

16. Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

17. “Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is.

18. En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

19. Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.”

Matteus 16