Matteus 14:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daardie tyd het Herodes, die heerser, gehoor wat van Jesus vertel word,

2. en hy het vir sy paleispersoneel gesê: “Maar dit is mos Johannes die Doper! Hy is uit die dood opgewek, daarom werk die kragte in hom!”

3. Vroeër het Herodes vir Johannes laat vang, laat boei en in die tronk laat opsluit. Dit het hy gedoen oor Herodias die vrou van sy broer Filippus,

4. want Johannes het vir Herodes gesê: “U mag haar nie as vrou vat nie.”

5. Herodes wou hom daaroor doodmaak maar was tog bang vir die mense, omdat hulle hom as 'n profeet beskou het.

6. Met Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik met haar

7. dat hy 'n eed afgelê het dat hy vir haar sal gee net wat sy vra.

Matteus 14