Matteus 13:38-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

38. Die saailand is die wêreld. Die goeie saad, dit is die mense van die koninkryk; die onkruid is die aanhangers van die Bose;

39. die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld; dié wat oes, is die engele.

40. “Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees.

41. Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree,

42. en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.

43. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son.“Wie ore het, moet luister.”

Matteus 13