25. Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oopgemaak, en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien.
26. Jesus het hom huis toe gestuur en gesê: “Moenie by die dorp aangaan nie.”
27. Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is Ek?”
28. Hulle antwoord Hom: “Johannes die Doper, party sê weer Elia, en party een van die profete.”
29. “Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?”Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!”
30. Toe belet Hy hulle om dit vir iemand anders te vertel.
31. Jesus het hulle toe begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly, dat Hy deur die familiehoofde en die priesterhoofde en die skrifgeleerdes verwerp moet word en doodgemaak moet word, en drie dae later moet opstaan.