56. Baie mense het vals getuienis teen Hom afgelê, maar die getuienis het nie ooreengestem nie.
57. Sommige van hulle het na vore gekom en vals getuienis teen Hom afgelê deur te sê:
58. “Ons het hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel, wat deur mense gemaak is, vernietig en binne drie dae 'n ander een bou wat nie deur mense gemaak is nie.”
59. Maar ook hieroor het hulle getuienis nie ooreengestem nie.
60. Toe het die hoëpriester in die Raad opgestaan en Jesus begin ondervra. “Verweer jy jou glad nie?” het hy gesê. “Wat van die getuienis wat hierdie mense teen jou inbring?”
61. Maar Jesus het niks gesê nie en Hom glad nie verweer nie.Die hoëpriester het Hom verder ondervra. “Is jy die Christus, die Seun van Hom aan wie die lof toekom?” het hy Hom gevra.