1. Jesus het vol van die Heilige Gees van die Jordaan af teruggekom, en deur die Gees is Hy na die woestyn toe gelei,
2. waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is. Die hele tyd het Hy niks geëet nie, sodat Hy aan die einde daarvan honger was.
3. Die duiwel sê toe vir Hom: “As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dit moet brood word.”
4. Maar Jesus antwoord hom: “Daar is geskrywe: 'n Mens leef nie net van brood nie.”
5. Daarna bring die duiwel Hom op 'n hoogte en wys Hom in 'n oogwink al die koninkryke van die wêreld.
6. Toe sê die duiwel vir Hom: “Aan U sal ek al hierdie mag en majesteit gee, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.
7. Dit sal alles aan U behoort as U maar net voor my buig en my aanbid.”
8. Daarop antwoord Jesus: “Daar staan geskrywe:“Die Here jou God moet jy aanbiden Hom alleen dien.”