49. Maar Hy antwoord hulle: “Waarom het u na My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die huis van my Vader moet wees nie?”
50. Hulle het nie begryp wat Hy daarmee bedoel het nie.
51. Hy het toe saam met hulle na Nasaret toe teruggegaan, en Hy was aan hulle onderdanig. Sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.
52. En Jesus het verstandelik en liggaamlik gegroei en in guns by God en die mense toegeneem.