Lukas 14:24-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Dit verseker ek julle: Nie een van die mense wat genooi is, sal sy mond aan my kos sit nie.’ ”

25. 'n Groot menigte het saam met Jesus gereis. Hy draai toe om en sê vir hulle:

26. “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe.

27. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.

28. “Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie?

29. Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf.

30. Hulle sal sê: ‘Hier is 'n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.’

Lukas 14