Lukas 14:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Op 'n sabbatdag toe Jesus na die huis van 'n vooraanstaande Fariseër toe gegaan het om daar te eet, het hulle Hom fyn dopgehou.

2. Reg voor Hom was daar 'n man wat aan water gely het.

3. Jesus praat toe met die wetgeleerdes en Fariseërs en vra: “Mag 'n mens iemand op die sabbatdag gesond maak of nie?”

Lukas 14