9. “As die gelofte gaan oor 'n rein dier wat aan die Here geoffer word, geld die reël dat 'n dier wat eenmaal aan die Here gegee is, sy eiendom word.
10. So 'n dier mag dus nie vervang word met 'n dier van dieselfde kwaliteit of omgeruil word vir 'n slegter of selfs 'n beter dier nie. As iemand so 'n dier tóg probeer omruil, word albei diere die Here se eiendom.
11. As die gelofte gaan oor 'n onrein dier wat nie aan die Here geoffer mag word nie, moet die dier na die priester toe gebring word.
12. Hy moet dan die loskoopwaarde van die dier bepaal volgens sy kwaliteit. Die oordeel van die priester is in so 'n geval finaal.
13. As die persoon self die dier wil terugkoop, moet hy twintig persent meer as die vasgestelde loskoopwaarde betaal.