44. “En tog, al sou hulle ballinge word in die land van hulle vyande, sal Ek hulle nie so verwerp, so minag, dat hulle heeltemal sal verdwyn en dat my verbond met hulle tot niet sal gaan nie, want Ek is die Here hulle God.
45. Ek sal die belofte aan hulle voorouers wat Ek voor die oë van die nasies uit Egipte laat trek het, weer van krag maak, die belofte dat Ek hulle God sal wees. Ek is die Here.”
46. Die voorafgaande is die voorskrifte, bepalings en wette wat die Here deur Moses op Sinaiberg gegee het oor die verhouding tussen die Here en die Israeliete.