Levitikus 23:23-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Die Here het vir Moses gesê:

24. “Sê vir die Israeliete: Die eerste dag van die sewende maand moet 'n rusdag wees, 'n gedenkdag wat met die blaas van ramshorings aangekondig word, 'n gewyde byeenkoms.

25. Niemand mag dan werk nie en julle moet offers aan die Here bring.”

26. Die Here het vir Moses gesê:

27. “Op die tiende van die sewende maand is dit die versoendag. Julle moet dan 'n gewyde byeenkoms hou, en julle moet vas en aan die Here offers bring.

28. Niemand mag op dié dag werk nie, want dit is die versoendag waarop daar vir julle versoening gedoen word by die Here julle God.

29. Enigiemand wat nie vas op hierdie dag nie, moet van sy volksgenote afgesny word

Levitikus 23