9. Onesimus, die getroue medegelowige wat ek baie lief het en wat een van julle is, gaan saam met hom. Hulle sal julle alles vertel van hoe dit hier gaan.
10. Aristargos, wat hier saam met my gevange sit, stuur vir julle groete; ook Markus, die neef van Barnabas. Oor hom het julle reeds opdragte gekry: as hy daar by julle kom, moet julle hom gasvry ontvang.
11. Verder stuur Jesus, wat ook Justus genoem word, groete. Hulle drie is die enigste Jode wat saam met my werk vir die koninkryk van God. Hulle is vir my 'n groot troos.
12. Epafras, wat een van julle is, stuur vir julle groete. Hy staan in diens van Christus Jesus en bid altyd ernstig vir julle dat julle staande mag bly, geestelik volwasse en in alles volkome gehoorsaam aan die wil van God.
13. Ek kan van hom getuig dat hy baie vir julle doen asook vir die gelowiges in Laodisea en in Hiërapolis.