Kolossense 1:11-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.

12. Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.

13. Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.

14. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.

15. Die Seun is die beeld van God,van God wat self nie gesien kan word nie.Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.

16. God het deur Hom alles geskepwat in die hemel en op die aarde is:alles wat gesien kan worden alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders.Alles is deur Hom en vir Hom geskep.

Kolossense 1