Klaagliedere 5:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Slaan tog ag op wat oor ons gekom het, Here,kyk tog en sien self hoe ons verneder is.

2. Ons besittings is gevat en aan vreemdes gegee,ons huise aan uitlanders.

3. Ons het weeskinders geword, daar is nie vaders nie,ons moeders is soos weduwees.

4. Ons moet ons eie drinkwater koop,vir ons eie hout moet ons betaal.

5. Ons word gedryf deur ons oorheersers,ons is uitgeput,ons word geen rus gegun nie.

6. Ons het ons hande uitgesteek na Egipte en na Assiriëom by hulle kos te bedel.

Klaagliedere 5