Klaagliedere 2:19-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Staan dwarsdeur die nag op en roep,stort voor die Here jou hart uit soos water,strek jou hande uit, en bid om die lewe van jou kinders,hulle wat van honger beswyk op die hoeke van die strate.

20. Kyk tog, Here, let tog opaan wie U dit gedoen het:vrouens eet hulle eie kinders,kinders wat in teerheid versorg is;priesters en profete word doodgemaakin die heiligdom van die Here!

21. Jonges en oues lê dood in die strate;jong vroue en jongmanne het deur die swaard geval.U het hulle neergevel op die dag van u toorn,U het 'n slagting aangerig en geen genade betoon nie.

22. U het al my bure uitgenooiom hier 'n bloedige fees te vier.Op hierdie dag van die Here se toornkon niemand ontvlug of vrykom nie.My kinders wat ek met teerheid versorg en grootgemaak het,is deur my vyande om die lewe gebring.

Klaagliedere 2