Josua 17:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Die gebied van Manasse strek van Aser af tot by Mikmetat regoor Sigem, en die grens loop daarvandaan suid en sluit die inwoners van En-Tappuag in.

8. Die Tappuagstreek het aan Manasse behoort, maar Tappuag self, op die grens van Manasse, het behoort aan die mense van Efraim.

9. Van Tappuag af loop die grens af na Kanaspruit toe. Suid van die spruit lê stede van Efraim tussen dié van Manasse. Manasse se grens is noord van die spruit en dit loop dood aan die see.

Josua 17