37. Hulle het die stad ingeneem en die koning, die inwoners van al die buitedorpe en al wat in die stad leef, doodgemaak. Niemand het ontkom nie. Soos Josua met Eglon gedoen het, het hy ook Hebron en al wat daarin leef, uitgeroei.
38. Daarna het Josua, met die hele Israel by hom, na Debir toe gedraai en die stad aangeval.
39. Hy het dit ingeneem, die koning en die inwoners van die buitedorpe doodgemaak en al die mense in die stad uitgeroei. Niemand het ontkom nie. Soos hy met Hebron en met Libna en sy koning gedoen het, het hy ook met Debir en sy koning gedoen.
40. Josua het die hele gebied platgeloop, die Bergland, die Suidland, die Laeveld, die Hange, al die konings daar. Hy het niemand laat vrykom nie. Hy het alles wat asem het, uitgeroei, soos die Here die God van Israel beveel het.
41. Josua het hulle platgeloop van Kades-Barnea af tot by Gasa, ook die hele Gosengebied en tot by Gibeon.
42. Hy het al die konings en hulle lande in een veldtog oorwin, want die Here die God van Israel het die oorlog vir Israel gevoer.
43. Daarna is Josua, en die hele Israel saam met hom, terug na die kamp toe in Gilgal.