Jona 1:7-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Toe sê die manne vir mekaar: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan uitvind oor wie hierdie ramp ons tref.”Hulle het lootjies getrek en Jona is aangewys.

8. Toe vra hulle hom: “Vertel ons tog waarom hierdie ramp ons tref. Wat werk jy? Waarvandaan kom jy? Uit watter land en van watter volk is jy?”

9. Jona het hulle geantwoord: “Ek is 'n Hebreër. Ek dien die Here die God van die hemel wat die see en die vasteland gemaak het.”

10. Die manne het baie bang geword en vir Jona gesê: “Wat het jy nou aangevang?”Hulle het te wete gekom dat hy van die Here af wegvlug: Jona het hulle dit self vertel.

11. Toe vra hulle hom: “Wat moet ons met jou maak dat die see weer rondom ons kan kalm word?”Die see het ondertussen al hoe onstuimiger geword.

Jona 1