Johannes 20:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is.

2. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.”

3. Petrus en die ander dissipel het toe uitgekom en na die graf toe gegaan.

4. Die twee het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom.

5. Toe hy vooroor buk, sien hy die doeke lê, maar hy het nie ingegaan nie.

6. Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê,

Johannes 20