Johannes 17:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê: “Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik.

2. U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe te gee.

3. En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.

4. Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen.

Johannes 17