Joël 2:2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. dié stikdonker dag, die dag van donker wolkewaarop die groot sterk nasie oor die berge uitspreisoos die lig van die dagbreek uitsprei.Só 'n sterk nasie was daar nog nooiten sal daar nooit weer wees nie,selfs nie in die verste toekoms nie.

3. Die leër se voorhoede is 'n vuur wat verteer,sy agterhoede 'n vlam wat brand.Voor die koms van die sprinkaanswerm is die veld soos die tuin van Eden;as hy verby is, is dit 'n onbewoonbare woestyn.Hy laat niks oorbly nie.

4. Sy manskappe lyk soos perde,hulle galop soos ryperde.

5. Op die bergtoppe dreun hulle soos strydwaens,knetter hulle soos die vuur van 'n grasbrandwanneer dit strooi verbrand,rumoer hulle soos 'n groot leër wat klaarmaak om te veg.

6. Voor hulle bewe die nasies,almal word wit van angs.

Joël 2