Joël 1:15-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Die vreeslike dag!Die dag van die Here is naby:dit is 'n dag van verwoesting,dit kom van die Almagtige af.

16. Voor ons oë is ons kos weggevat;blydskap en gejuig het uit die huis van ons God verdwyn.

17. Die saad lê verskrompel onder die kluite,die graanskure lê verlate,die skure lê afgebreek,want die koringoes het misluk.

18. Die vee bulk en blêr:die troppe beeste dwaal rond,want hulle het niks om te vreet nie,ook die kleinveetroppe kry swaar.

19. Ek roep tot U, Here,want 'n vuur het die weiveld verteer,'n brand het al die bome in die veld weggebrand.

20. Die diere in die veld wag op uitkoms van U af,want die spruite het opgedroog,'n vuur het die weiveld verteer.

Joël 1