1. Toe het Job begin praat en sy geboortedag vervloek.
2. Hy het gesê:
3. “Die dag waarop ek gebore is, moes nooit aangebreek het nie,die nag toe gesê is 'n seuntjie het in die wêreld gekom.
4. Daardie dag moes net donkerte gewees het;God daarbo moes dit nie eens raakgesien het nie;geen lig moes dié dag deurgebreek het nie.
5. Donkerte en duisternis moes dit opgeëis het,wolke moes daaroor toegetrek het,sonsverduistering moes dit oorval het.
6. Die donkerte moes daardie nag ingesluk het,dit moes nooit ingereken gewees hetby die dae van die jaar nie,dit moes nooit bygevoeg gewees hetby die berekening van die maande nie.