Job 18:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe sê Bildad die Suagiet vir Job:

2. “Hoe lank gaan jy nog aanhou praat?Kom eers tot ander insigte dan kan ons verder praat.

3. Waarom word ons as diere beskou?Is ons dan so dom in jou oë?

4. Jy is soos iemand wat homself in sy woede verskeur.Moet alle mense van die wêreld af verdwyn om jou tevrede te stel?Moet die rotse uit hulle plek losgeruk word?

Job 18