14. Julle sal dit beleef en julle sal bly wees;julle sal nuwe lewe kry soos groen gras wat uitspruit.So sal die mag van die Here geopenbaar word aan sy dienaars,en sal Hy sy vyande straf.
15. Die Here kom in vuur,sy strydwaens is soos 'n stormwind.Hy kom sy toorn koel,Hy kom die straf voltrek met vuur.
16. Die Here kom om al wat leef, te strafmet vuur en swaard,Hy sal baie laat sterf.
17. Die mense wat hulleself wy en reinigom in 'n optogna die tuine toe te gaan,wat varkvleis eet en afskuwelike afgodsoffers en muise,sal almal uitgeroei word,sê die Here.
18. Ek weet wat hulle doen en dink;die tyd kom dat Ek al die nasies en al die taalgroepebymekaar gaan maak.Hulle sal kom en hulle sal sien hoe magtig Ek is.
19. Ek sal 'n teken onder hulle oprigen Ek sal van dié van hulle wat die oordeel oorleef het,uitstuur na ander nasies toe,na Tarsis, na Pul, na Lud met sy bedrewe boogskutters,na Tubal, na Griekeland,en na die ver eilande toewat nie van my roem gehoor het nieen nie my mag ervaar het nie.So sal dié wat Ek gestuur het,onder die nasies verkondighoe magtig Ek is.
20. Hulle sal al julle volksgenote uit al die nasiesas 'n geskenk vir die Here saambring op perde, op waens,op drastoele, op muile en op kamele.Hulle sal hulle bring na my heilige berg toe,na Jerusalem toe, sê die Here.Hulle sal hulle bring soos die Israeliete die graanoffersin rein skottels na die huis van die Here toe bring.
21. Ek sal van hulle as priesters en Leviete aanstel,sê die Here.
22. Soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek gaan maak,in my diens sal staan,sê die Here,so sal julle nageslag en julle roem in my diens staan.
23. Elke nuwemaansfees en elke sabbat sal al wat leef, voor My in aanbidding kom buig,sê die Here.
24. Wanneer hulle uit die stad uitgaan,sal hulle die lyke sienvan die mense wat hulle teen My verset het.Die wurms wat aan hulle vreet, sal nie vrek nie,en die vuur waarin hulle brand, sal nie geblus word nie;hulle sal iets afgrysliks wees vir al wat leef.