Jesaja 66:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. So sê die Here:Die hemel is my troonen die aarde die rusplek vir my voete.Hoe moet die huis dan weeswat julle vir My bou,die plek waar Ek kan woon?

2. Ek het alles gemaaken so het alles ontstaan,sê die Here.Ek slaan ag op die mens in nood,op dié een wat berou het oor sy sonde,wat ontsag het vir my woord.

3. Die mense offer bullemaar hulle maak ook mense dood as offers,hulle offer lammersmaar hulle breek ook honde se nekke as offers,hulle bring graanoffers maar ook offers van varkbloed,hulle offer wierook maar hulle prys ook afgode;hulle het besluit om hulle eie kop te volg,hulle is lief vir hulle afskuwelike afgodsoffers.

4. Daarom besluit Ek dat hulle gestraf moet worden bring Ek verskrikking oor hulle.Toe Ek geroep het, het niemand geantwoord nie,toe Ek gepraat het, het niemand geluister nie;hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë,hulle het gekies vir wat My nie aanstaan nie.

Jesaja 66