Jesaja 6:6-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Een van die serafs het toe 'n gloeiende kool met 'n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg.

7. Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.”

8. Toe het ek die Here hoor vra:“Wie kan Ek stuur?Wie sal ons boodskapper wees?”Ek het geantwoord:“Hier is ek! Stuur my!”

9. Toe het die Here gesê:“Gaan sê vir hierdie volk:Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie,en kyk en kyk en tog niks sien nie.”

10. Verder het Hy vir my gesê:“Maak hierdie volk traag van begrip,maak hulle ore doofen hulle oë blindsodat hulle nie met hulle oë sien,met hulle ore hoor,en met hulle verstand begrypen hulle hulle bekeer en genees word nie.”

11. Toe vra ek: “Tot wanneer, Here?”En Hy het geantwoord:“Totdat die stede verwoesen sonder inwoners is,totdat die huise verlate isen die land in 'n puinhoop omskep is,

12. totdat Ek, die Here, die mense ver weggevoer het,en die land heeltemal verlate is.

13. Selfs al is daar net 'n tiende oor,sal die land nog verder verwoes word.“Maar soos van 'n akkerboom of 'n terpentynboom'n stomp bly staan wanneer dit afgekap word,so sal daar vir die land 'n stomp oorbly:die gewyde geslag.”

Jesaja 6