Jesaja 50:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Ek maak die hemel donker,Ek trek vir hom rouklere aan.

4. Die Here my God het my geleerom die regte woorde te gebruiksodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat.Elke môre laat Hy my opnuut weer luister,Hy laat my luister soos 'n leerling moet luister.

5. Die Here my God het my geleer om te luister:ek was nie teen Hom opstandig nie,ek was nie ontrou aan Hom nie.

6. Ek het my rug gehou vir dié wat my slaan,my wang vir dié wat my baard uittrek.Ek het my gesig nie weggedraaitoe ek bespot en bespoeg is nie.

7. Die Here my God help my,ek sal nie teleurgestel staan nie;ek sal my nie ontstel nie,ek weet ek sal nie in verleentheid kom nie.

Jesaja 50