16. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer,Ek sien jou mure altyd voor my.
17. Jou kinders kom binnekort,en dié wat jou verwoes en verniel het, sal uit jou uit padgee.
18. Kyk rondom jou en sien wat gebeur,al jou kinders kom bymekaar en hulle kom na jou toe.So seker as Ek lewe, sê die Here,jy sal oor hulle so bly wees soos 'n vrou oor halssnoere,soos 'n bruid oor haar juwele.
19. Jy is nou nog net puinhoop en ruïne,'n verwoeste plek,maar jy sal te klein word vir al jou inwoners,en dié wat jou afgebreek het, sal verdwyn.
20. Kinders wat jy nou nie het nie,sal nog in jou ore kom kerm en sê:“Dié plek is te klein vir ons!Maak vir ons plek om in te woon!”
21. Dan sal jy dink:wie het hierdie kinders vir my in die wêreld gebring?Ek was kinderloos en onvrugbaar,'n balling, 'n verstoteling.Wie het hierdie kinders grootgemaak?Ek het alleen oorgebly.Waar kom hulle vandaan?
22. So sê die Here God:Ek sal my hand uitstrek na die nasies toe,onder die volke sal Ek my vaandel opsteek.Dan sal hulle jou seuns op die arm na jou toe bring,en jou dogters sal op die skouer aangedra word.