24. So sê die Here jou Verlosserwat jou in die moederskoot gevorm het:Ek is die Here, Ek het alles geskep,Ek alleen het die hemel oopgespan,Ek het die aarde gevorm; daar was niemand by nie.
25. Ek stel die toekomsvoorspellers aan die kaak,Ek maak die waarsêers belaglik.Ek weerlê dié geleerde mense,Ek ontmasker hulle kennis as dwaasheid.
26. Ek bevestig die woorde van my dienaar,Ek bring wat my boodskappers aangekondig het, tot vervulling.Ek sê van Jerusalem: Hy moet weer bewoon word,en van die stede van Juda: Hulle moet weer opgebou word,en Ek self bou Jerusalem se ruïnes weer op.
27. Ek sê vir die diep waters van Babel: Droog op!Ek sal jou riviere laat opdroog.
28. Ek sê vir Kores: Ek het jou as herder aangestel,jy moet my wil uitvoer,jy moet van Jerusalem sê:“Hy moet weer opgebou worden die tempel moet herstel word.”