Jesaja 42:2-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Hy sal nie roep nie, hy sal nie hard skree nie,hy sal nie sy stem op straat laat hoor nie.

3. 'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie,'n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie.Hy sal my wil bekend maak soos dit is.

4. Self sal hy ook nie uitgedoof of geknak word nietotdat hy my wil op aarde gevestig het.Die eilande wag op wat hy hulle sal leer.

5. So sê God, die Here,Hy wat die hemelkoepel geskep en dit oopgespan het,Hy wat die aarde gevorm het en alles wat dit oplewer,Hy wat aan al die mense op aarde die asem gee,die lewe aan alles wat op die aarde beweeg:

Jesaja 42