Jesaja 41:22-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Kom, sê vir ons wat gaan gebeur,sê vir ons wat beteken dit wat verby issodat ons daaroor kan nadinken kan weet waarop dit uitloop.

23. Of laat ons hoor wat gaan gebeur,sê vir ons wat in die toekoms gaan plaasvinddat ons kan weet of julle gode is.Doen iets, doen goed of kwaad,dan sal ons almal verbaas staan en skrik.

24. Maar julle is niks,julle kan niks doen nie.Wie vir julle as sy gode kies, is self afskuwelik.

25. Ek het iemand uit die noorde te voorskyn laat kom,van sonsopgang se kant af het hy gekomen my Naam aangeroep.Hy het regeerders in die modder in getrapsoos 'n pottebakker die klei trap.

26. Wie het voor die tyd al gesê dat dit sal gebeursodat ons daarvan kennis kon neem,vantevore al, sodat ons sou kan sê dit het uitgekom?Nee, niemand het dit gesê nie,niemand het iets daaroor laat hoor nie,niemand het julle 'n woord daaroor hoor sê nie.

27. Ek is die eerste wat vir Sion gesê het:Kyk, jou mense kom terug!Ek laat Jerusalem 'n goeie tyding hoor.

28. Ek het gewag op 'n antwoord,maar nie een van die afgode het gereageer nie,nie een van hulle het 'n woord te sê gehad nie.Ek het hulle ondervra,maar niemand kon antwoord nie.

29. Hulle is almal vals,hulle kan niks doen nie,hulle beelde beteken niks,hulle kon net sowel nie daar gewees het nie.

Jesaja 41