3. Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskia toe en sê vir hom: “Wat het daardie mense gesê en waarvandaan kom hulle?”Hiskia het geantwoord: “Hulle het uit 'n ver land na my toe gekom, uit Babel.”
4. “Wat het hulle in jou paleis gesien?” vra Jesaja.En Hiskia antwoord: “Hulle het alles gesien wat in my paleis is. Daar is niks van my skatte wat hulle nie gesien het nie.”
5. Toe sê Jesaja vir Hiskia: “Luister wat sê die Here die Almagtige:
6. Daar kom 'n tyd dat alles wat in jou paleis is, weggedra sal word na Babel toe, al die skatte wat jou voorvaders en jy tot nou toe versamel het. Daar sal niks oorbly nie, sê die Here.
7. “Van jou eie seuns wat uit jou gebore is, sal gevat word, en hulle sal diens doen in die paleis van die koning van Babel.”
8. Hiskia het vir Jesaja gesê: “Die woord van die Here wat jy aan my oorgedra het, is goed.” Hiskia het bygevoeg: “As daar maar net in my tyd vrede en veiligheid is!”