Jesaja 35:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woestyn, die dor land,sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille;

2. hy sal in volle bloei staan,hy sal juig en sing,hy sal die prag van die Libanon hê,die skoonheid van Karmel en Saron.Israel sal die mag van die Here sien,die koninklike mag van ons God.

3. Bemoedig dié wie se hande slap hang,help dié wie se knieë knik,

4. sê vir dié wat moed verloor het:“Wees sterk, moenie bang wees nie,julle God is hier, Hy kom om wraak te neem,om julle vyande te straf; God kom julle red!”

5. Blindes sal kan sien,dowes sal kan hoor,

6. lammes sal kan rondspring soos takbokke,stommes sal kan sing.Strome water sal uit die woestyn uit bars;daar sal riviere loop in die droë wêreld.

Jesaja 35