Jesaja 33:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ellende wag vir jou,jy wat verwoes heten self nie verwoes is nie,jy wat ontrou washoewel niemand aan jou ontrou was nie.Wanneer jy klaar verwoes het,sal jy verwoes word.Wanneer daar 'n end kom aan jou ontrou,sal ander ontrou wees aan jou.

2. Wees ons genadig, Here,ons vestig ons hoop op U.Wees elke nuwe dag ons krag,ons redding in tyd van nood.

3. Wanneer U u stem laat hoor, vlug volke,wanneer U te voorskyn kom, spat nasies uitmekaar.

4. Wat julle vir julleself gebuit het,sal weggeraap word asof sprinkane daarop toegesak het;mense sal soos 'n swerm sprinkane daarop afstorm.

5. Die Here is hoog verhewe, Hy woon in die hoogte;Hy sal sorg dat daar in Sion reg geskieden reg gedoen word.

6. Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou.Die kosbare besitting wat werklik kan help,is wysheid en kennis;die rykdom waarop Sion hom kan verlaat,is die diens van die Here.

7. Die inwoners van Jerusalem roep om hulp daarbuite,dié wat die boodskap bring dat daar vrede is,huil onbedaarlik.

8. Die paaie lê verlate,niemand kom met die pad verby nie.Die verdrag is verbreek,stede is met minagting behandel,geen mens is ontsien nie.

Jesaja 33