Jesaja 30:30-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

30. Die Here sal sy magtige stem laat hoor,Hy sal sy krag openbaarin gloeiende toorn, verterende vuur,storm, onweer en hael.

31. Assirië sal sidder vir die stem van die Herewanneer Hy begin slaan,

32. en elke keer wanneer die slae op Assirië afkomen hom tref,sal die simbale en die liere weerklink.Die Here sal self teen Assirië veg.

33. Daar is 'n brandoond gereed gemaak, lank gelede al;dit is diep en wyd en bedoel vir die koning van Assirië.Daar is 'n groot hoop brandhout inen die asem van die Here steek dit aan die brandsoos 'n stroom swael.

Jesaja 30