Jesaja 28:24-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Hou 'n boer aan met ploeg as hy wil saai?Hou hy aan grond breek en vore trek?

25. As hy die grond gelyk gemaak het,saai hy mos swartkomyn en komyn,sit hy koring en gars in waar dit moet komen spelt aan die kante.

26. Sy God leer hom en gee hom die kennishoe om alles te doen soos dit hoort.

27. Swartkomyn word mos nie met 'n slee uitgedorsof komyn met wawiele uitgetrap nie.Swartkomyn en komyn word met 'n stok uitgeslaan.

Jesaja 28