Jesaja 24:12-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. In die stad sal alles verwoes wees,die stadspoorte sal daar rondlê, stukkend geslaan.

13. Dit sal so kaal wees op die aarde en onder die volkesoos wanneer die olywe afgeslaanen die laaste druiwe van die wingerde afgeoes is.

14. Die mense wat oorbly, sal juig,hulle sal die mag van die Here besing,van die weste af sal hulle Hom prys.

15. Dié in die ooste moet die Here eer;hulle wat op die eilande van die see woon,moet die Naam van die Here die God van Israel prys.

16. Van die uithoeke van die aarde af hoor onsliedere waarin die groot mag van die Regverdige besing word.Maar ék sê: Ek kwyn weg, ek kwyn weg, dit is klaar met my.Die ontroues handel troueloos,troueloos handel hulle.

17. Angs, vanggate en strikke wag vir die inwoners van die land.

18. Wie van die gevaar af probeer wegkom,beland in die vanggate, wie uit die vanggate probeer uitklim,word in die strik gevang.Strome water sal uit die hemel val,die fondamente van die aarde sal skud

19. en die aarde sal in stukke breek,heen en weer waggel en wankel.

20. Die aarde sal slinger soos 'n dronk mens,heen en weer wieg soos 'n biesieskerm.Die aarde se oortredinge rus swaar op hom,hy sal val en nie weer opstaan nie.

21. Dié dag sal die Here die magte in die hemel daarbo straf,ook die konings van die aarde daaronder.

Jesaja 24