Jesaja 21:5-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. 'n Tafel word gedek,die eetgerei is reggesit,hulle begin eet en drink!Dan kom die bevel: “Leiers, wees gereed!Smeer die skilde met olie!”

6. So het die Here vir my gesê:Sit 'n wag uit, hy moet sê wat hy sien.

7. As hy 'n strydwa sien, 'n strydwa met perde,of 'n strydwa met donkies, of een met kamele,moet hy baie goed oplet.

8. Die wag het uitgeroep:“Meneer, ek het die hele dag deur wag gestaan,ek het die hele nag op my pos gebly.

9. Daar kom 'n man op 'n strydwa,'n strydwa met perde.Hy hou aan roep: Geval, geval het Babel,al sy afgodsbeelde lê stukkend op die grond!”

10. My volk, jy wat vertrap is op die dorsvloer,ek het vir jou gesê wat die Here vir my gesê het,die Almagtige, die God van Israel.

11. 'n Uitspraak van die Here teen Duma:Iemand roep na my van Seïr af:“Wag, wanneer is die nag verby?Wag, wanneer is die nag verby?”

12. Die wag antwoord:“Die môre het gekom, maar dit is nog nag.As julle weer wil kom vra, kom vra gerus,julle kan elke keer weer kom vra.”

Jesaja 21