Jesaja 2:5-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Kom, volk van Jakob,laat ons lewe in die lig wat van die Here af kom.

6. U het u volk Jakob verstoot:hulle gee hulle oor aan die waarsêery van die ooste,beoefen towery soos die Filistyneen hou saam met vreemdes vas aan bygeloof;

7. hulle land lê vol silwer en goud,daar is geen einde aan hulle skatte nie;hulle land loop vol perde,daar is geen einde aan die getal van hulle strydwaens nie;

8. hulle land is vol afgode,hulle buig voor die maaksel van hulle hande,voor wat hulle vingers gemaak het.

9. So het mense hulleself vernederen tot 'n val gekom.U moet hulle dit nie vergewe nie.

10. Vlug die rotse in,kruip weg in die grondvir die verskrikking wat van die Here komen vir die glans van sy majesteit.

11. Die hoogmoediges sal tot 'n val kom,die selfversekerdes sal verneder word.Op dié dag sal net die Here hoog wees.

12. Die Here die Almagtige het 'n dag bepaalteen al wat trots en hoog is,teen alles, hoog en laag,

13. teen al die hoë en verhewe seders van die Libanonen teen al die groot bome van Basan;

14. teen al die hoë bergeen teen al die steil rante;

15. teen elke hoë toringen teen elke skansmuur;

16. teen al die handelskepeen teen al die vaartuie vol kosbaarhede.

17. Die hoogmoediges sal verneder word,die selfversekerdes sal tot 'n val kom.Op dié dag sal net die Here hoog wees.

Jesaja 2