6. Die water van Nimrim het opgedroog,die gras het verdor,die plante het verdwyn,daar is geen groenigheid meer nie.
7. Die Moabiete vat wat hulle gespaar en opgegaar het,en dra dit oor Wilgerspruit.
8. Hulle geroep weerklink deur die hele gebied van Moab,hulle gehuil word gehoor tot by Eglajim en Beër-Elim.
9. Die water van Dibon is vol bloed,maar Ek sal erger rampe oor hom bring, sê die Here.Ek laat dié wat uit Moab ontkom heten dié wat oor is in die land, deur leeus verskeur.