1. 'n Uitspraak van die Here teen Moab:Ar-Moab is oornag verwoes, vernietig.Kir-Moab is oornag verwoes, vernietig.
2. Die inwoners van Dibon gaan na die hoogtes toe om te huil,die Moabiete treur oor Nebo en Medeba.Die Moabiete se koppe is kaalgeskeer,hulle baard is afgesny,
3. hulle dra rouklere op die strate,hulle huil op die dakke en die pleine,hulle vergaan van verdriet.
4. Die mense van Gesbon en Elale skreeu van angs,dit word tot by Jahas gehoor.Selfs Moab se soldate skreeu,hulle moed begeef hulle.
5. My hart brand oor Moab.Sy mense het gevlug tot by Soar,tot by Eglat-Selisija.Hulle klim die opdraand na Lugit toe huil-huil uit,op pad na Goronajim toe skreeu hulleoor die ramp wat hulle getref het.
6. Die water van Nimrim het opgedroog,die gras het verdor,die plante het verdwyn,daar is geen groenigheid meer nie.
7. Die Moabiete vat wat hulle gespaar en opgegaar het,en dra dit oor Wilgerspruit.