Jesaja 12:2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. God is my redder;Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie.Die Here my God is my krag en my beskerming;Hy is my redder.”

3. Met blydskap sal julle water skepuit die fonteine van redding.

4. Op dié dag sal julle uitroep:“Loof die Here,roep sy Naam aan,maak sy dade onder die volke bekenden verkondig dat sy Naam groot is.

5. Sing tot die eer van die Here, want Hy het groot dinge gedoen,maak dit aan die hele wêreld bekend.

6. Jubel en juig, inwoners van Sion,want groot is die Heilige van Israelen Hy is by julle!”

Jesaja 12