Jeremia 6:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Konings sal na hom toe kom met hulle leërs,hulle sal hulle tente rondom opslaan om teen die stad te veg,elkeen sal 'n eie stuk inneem.

4. Hulle sal sê: “Verklaar oorlog teen hom;kom ons val hom helder oordag aan!Nee, die dag is al verby, die aandskaduwees is al lank.

5. Kom ons val hom in die nag aan en vernietig sy mooi huise!”

6. So sê die Here die Almagtige:Kap bome af en gooi 'n wal op teen Jerusalem.Dit is die stad wat veroordeel is,want verdrukking is daar aan die orde van die dag.

7. Soos 'n put sy water vars hou,so hou die stad sy boosheid vars;al waarvan Ek daar hoor, is geweld en vernietiging,al wat Ek sien, siekte en wonde.

Jeremia 6